Elsabe Immelman van Dundee skryf My rose het las van die een of ander soort vlieg wat die blomme baie lelik laat lyk. Ek spuit met Rosecare, maar hoofsaaklik op die blare en nie op die blomme nie. Is daar enigiets anders wat ek kan doen? 

JJ antwoord Dit lyk na die skade wat CMR-kewers aanrig. Ons gebruik Malathion en herhaal dit gewoonlik ná 10 dae. Maak seker jy behandel die knoppe, blare én stele. 

Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers- tuingeselsies met Derrich Gardner in sy program Brêkfis met Derrich op RSG.