Die mooiste blomme

Dolly Genis van Vredendal skryf Wanneer moet ek ophou om my amarillisse nat te maak as hulle in Oktober klaar geblom het, en wanneer begin ek weer water gee?

JJ antwoord Die beste tyd om minder water te begin gee en die plante te laat rus is in die winter, sodra die blare begin afval. Begin weer teen die einde van Augustus water gee, dan sal hulle weer in Oktober blom.

Luister Saterdae om 07:30 na JJ se Groen Vingers-tuingeselsies met Derrich Gardner in sy program Brêkfis met Derrich op RSG.