David Liebenberg skryf Ons het ’n suurlemoenboom in ’n houtkrat geplant en moes blare afsny weens witvlieg en ander plae wat op die blare uitgebroei het. Wat kan ons gebruik om ontslae te raak van die plae? Ons wil ook graag hê die boom moet beter vrugte dra, meer loof hê en beter blom.

JJ antwoord Die beste plan is om met Plantcare te spuit. Dit het ’n sistemiese werking wat net sowat drie weke lank hou. Voed ook die boom elke ses weke met KAN – gebruik ’n klein hand vol per plant en maak goed nat. 

Red my kamelias

Riana Richards skryf My kamelias staan teen die huis se suidemuur in die skaduwee. Ek het hulle voor die winter geplant met suur kompos. ’n Paar van die blomme het oopgegaan, maar teen dag twee het die struike blomme afgegooi, of die knoppe afgegooi sodra dit begin oopmaak het. Wat kan dit veroorsaak? Die rooie se blare het in die afgelope tyd ook effens bruin verkleur, hoewel die ander mooi gesond lyk.

JJ antwoord Gewoonlik gebeur dit as die plant te min water kry, maar kyk ek so na die foto’s wat jy gestuur het, lyk dit of dié plant te veel water kry.

Kontak

Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers-tuingeselsies met Derrich Gardner in sy program Brekfis met Derrich op RSG; of besoek gardenworld.co.za.