Geen blom sal jou meer vreugde gee as dié wat uit bolle gekweek word nie. Die meeste bolplante vra min sorg om jaar na jaar ’n oorvloed blomme te produseer. En met meer as 2 000 bolplantspesies in Suid-Afrika alleen, sal jy nie sukkel om die perfekte blom vir jou tuin – en blompot – te vind nie. Ons het die bolplantkenners, Hadeco, gevra wat die topverkopers vir winter-, somer- en inheemse tuine is, asook die top-vyf egte lelies.

Top-5 winterbolle

1. Ranonkels

Met sagte kroonblare in ’n grootverskeidenheid kleure, hou ranonkelsdieselfde bekoring as rose ofpinksterrose in.

2. Affodille

Natuurlike affodille, ’n simbool vanvriendskap, wedergeboorte en nuwe lewe,is goudgeel, maar die “trompet”-gedeeltekan soms ’n kontrasterende kleur hê.

3. Freesias

Freesias simboliseer onskuld. Dis een vandie geurigste blomme en ’n gunstelingonder bloemiste. Plant freesias in houersop jou stoep waar jy die blomme én geurten volle kan geniet.

4. Hollandse irisse

Dié immergewilde plante sorg vir ’nskouspel in tuine en vase. Ondanks huldelikate voorkoms, is die plante gehard enmaklik om te kweek.

5. Hiasinte

Wit hiasinte – soos dié wat in Kate Middleton se trouruiker gepryk het– simboliseer standvastigheid, terwyl dieblou variëteit opregtheid versinnebeeld.Die blomme is bekend vir hul heerlikegeur en intense kleure, en kan maklikbinnenshuis gekweek word.

Top-5 somerbolle

1. Aronskelke (Zantedeschia)

Inheemse aronskelke, nou in verskeie kleure te kry, is al geslagte lank ’n groot gunsteling.

2. Amarillis (Hippeastrum)

Die amarillisse waarvoor SA so bekend is, hoort tot die genus Hippeastrum. (Die enigste ware Amaryllis is Amaryllis belladonna of maartlelie.) Hulle floreer in potte, maar groei ook goed in die tuin.

3. Dahlias

Hoewel dahlias deel is van die madeliefiefamilie,is hulle veel meer dramaties enskouspelagtig. Met hul reuseblommeen lang stele sal hulle enige tuin ofrangskikking opkikker.

4. Swaardlelies

Die botaniese naam van dié gewildekeuse in ruikers en rangskikkings, Gladioli, is afgelei van die Latynse woordvir “swaard”. Die blomme word beskouas ’n simbool van karaktervastheid.

5. Tierblom (Tigridia)

Dié plant is oorspronklik deur die Asteke gekweek en die eetbare wortels was deel van hul dieet. Net soos daglelies, gaan die groot flambojante blomme die een na die ander oop oor ’n tydperk van ’n paar weke, en elkeen blom net een dag.