Kompos-krisis

Leanne van der Linde van Benoni skryf Ons maak ons eie kompos en het nou vir die eerste keer onkruid van alle soorte oral in die tuin – veral die groentetuin. Ons gebruik meestal goed verrotte perdemis. Kan dit dalk die probleem wees? Is daar ’n manier hoe ons die onkruid kan uitroei?

JJ antwoord Kompos wat goed afgebreek het, behoort geen onkruidsaad te bevat nie, aangesien dit ook in kompos sou verander het. Maar sodra jy kompos by ’n nuwe bedding ingewerk het, is dit raadsaam om twee weke te wag dat enige saad daarin eers kan ontkiem; trek dié dan uit voor jy nuwe groente saai of plant.

Red ons bome!

Mathilda Hornsveld vra op Facebook Ons twee koorsbome gooi hul bas af en een is reeds dood. Help asseblief!

JJ antwoord Die probleem is ’n swam wat baie moeilik is om te beheer. Al raad is om elke week vir ses weke met kalkswael te spuit.

Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers-tuingeselsies met Derrich Gardner in sy program Brekfis met Derrich op RSG