Dis ’n infestasie!

Melanie van Deventer van Mookgophong skryf: My plante is oortrek met hierdie wit skuimbolletjies met rooi luise binne. Wat is dit en waarmee kan ek dit verwyder?

JJ van Rensburg antwoord: Dit lyk soos cochenille, iets wat nie gewoonlik op eugenias voorkom nie. Probeer dit sover moontlik afwas met seepwater (gebruik wasgoedseep), en dan kan jy dit doodmaak met Oleum of Karbaspray. Ek het voorheen al selfs Malasol gebruik omdat ek gedink het dis ’n tipe dopluis; dit het ook gewerk.

Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers-tuingeselsies met Derrich Gardner in sy program Brekfis met Derrich op RSG.

E-pos tuine@tuis.co.za