Wie loer?

Yvette Loots van Pretoria skryf Watter soort bamboes kan ek plant vir privaatheid in my werf?

JJ antwoord Jou beste opsie is ’n heiningbamboes. Die kultivar ‘Golden Goddess’ behoort in jou behoeftes te voorsien. Dit groei sowat 4 m hoog en versprei stadig.

Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers-tuingeselsies met Derrich Gardner in sy program Brêkfis met Derrich op RSG.