Wagtyd

Riana Fourie vra op Facebook: As jy ’n suurlemoenboom met Plant Care gespuit het, kan jy daardie vrugte eet of moet jy liewer wag dat dit nuwes dra? JJ antwoord Plant Care bly gewoonlik drie weke lank in die plant. Jy kan daardie vrugte ná vier weke met ’n geruste hart pluk en gebruik.

Boom-infestasie

Rene Ernst van Randburg skryf Wat is hierdie wit skimmel op my boom? Dis besig om na my ander bome ook te versprei! Hoe kan ek dit behandel? JJ antwoord Dis ’n soort dopluis en my beste raad is om die Makhro-produkte Plant Care en SK Eco Oil te meng en jou boom daarmee te spuit. Plant Care is sistemies en sal die boom van binne af genees.

KONTAK jj@gardenworld.co.za

Groen Vingers-tuingeselsies
Luister Saterdae om 07:30 na JJ se Groen Vingers-tuingeselsies met Derrich Gardner in sy program Brêkfis met Derrich op RSG.