1 Belvidere-bank R3 990, Patio Warehouse

2 First Dutch Brands-haak (300 mm) R60, Builders; Roomkleur hangmandjie (35 cm) R160, Builders; Sixth Floor Ali- geweefde mandjie R799, superbalist.com

3 Opinel-snoeiskêr R1 059, yuppiechef.com

4 Ronde 3 m-sambreel met houtpaal in die middel R1 490, Patio Warehouse

5 Dulcet Protea-sitplekkussing (40 x 40 cm) R129,99, MRP Home Design House-sitplekkussing (40 x 40 cm) R89, Builders

6 Eagle Lighting-partytjieligstring (15-stuk) R715, takealot.com

Serenita Rose
Serenita Rose

Nuut by die kwekery

Somer-leeubekkie

Angelonia angustifolia ‘Serenita Rose’, ook bekend as die somer-leeubekkie, is ’n elegante dog sterk plant vir ’n blombedding of houer in volson. ‘Serenita Rose’ groei 35 cm hoog en wyd. Dit produseer van die lente tot laatsomer blom-are met dieprooskleurige blommetjies wat bye en skoenlappers lok. Die plante is bestand teen hitte en vra nie baie water nie; boonop hou dit aan met blom, selfs in uiterste warmte. Dien een keer per maand bemesting toe.

KONTAK ballstraathof.co.za