1 Singing Friend-voëlvoerder R399, takealot.com

2 H&S-plantrak (50 x 66 x 26 cm) R599, superbalist.com

3 Linen House Monstera-klapperhaardeurmat (45 x 75 cm) R399, superbalist.com

4 Pagoda-kantelsambreel met staalstaander (3 m) R1399, Pick n Pay

5 Aroma Di Rogito-geurkerse in flessies R47,99 elk, Clicks

6 Hertex Melrose-buitemat (200 cm) R2599, superbalist.com 

1 Garden Pro 2-in-1-boogsaag R84,99, Pick n Pay

2 Garden Pro-grasskêr, draai ’n volle 360° R109, Pick n Pay

3 Ronde Kubu-mandjie (45 cm) R499, Decofurn

4 Design House-stoelkussing met lussies (40 x 40 cm) R98, Builders

5 Verskuifbare insekdoder (109 cm) R2470, Eurolux 

Nuut by die kwekery

In ’n ligter trant

Alstroemeria ‘Summer Sky’ dra haar blomme soos ’n ligte somerrokkie: ’n magdom wit blomblare met spatsels delikate geel. Dié jaarplant, wat in die somer blom, vorm ’n regop pol (60 cm hoog en wyd) met smal donkergroen blare. Dit gedy in volson en vrugbare grond wat goed dreineer; maak gereeld nat. Danksy ’n kompakte groeiwyse hoef die plant nie gestut te word nie. Sny of knyp ou blomstele by die basis af sodat die risome in die grond agterbly. Die loof sterf af in die winter, maar sal gou weer uitloop in die lente.

KONTAK ballstraathof.co.za