1 Plastiek-heining (drie dele, elk 60 x 32 cm) R59,99, Mr Price Home

2 Hunter-waterstewels R1 999, Superbalist

3 Pot Paris-sak (43 cm) R195, Leroy Merlin

4 Geweefde pot op staander (medium) R299,99, Mr Price Home

5 JoJo-uilhuis (43 x 55 x 46 cm) R795, Leroy Merlin

6 Alva-patio-verwarmer met glas (220 x 18 x 76 cm) R6 599, @home

1 H&S-opvou-tuinstoel R999, Superbalist

2 Hertex Haus-kanttafel vir buitegebruik (60 x 60 x 38 cm) R1 599, Yuppiechef

3 Fotakis-buitemat (160 x 230 cm) R1 999, Superbalist

4 Lasher-waaierhark R160, Builders

5 Ryobi-mini-blaser (600 W) R590, Builders

Nuut by die kwekery!

Dubbele skoonheid

Ranunculus Mâché ‘Lemon Rose Bicolour’ is te kry as potplant of as saailinge in ’n sespak. Danksy dié nuwe kultivar, wat van saad groei, kan jy nou hierdie lenteblomme geniet sonder dat jy bolle hoef te plant. ‘Lemon Rose Bicolour’, ’n nuweling in die Mâché-reeks, sluit enkelkleure soos oranje, pienk, pers, rooi en geel, en mengsels van helder of pastelkleure in.

Die plante is sterk groeiers met stewige stele en groot blomme wat mooi afsteek tussen die donkergroen blare. Hulle vaar die beste in volson in vrugbare, komposryke grond wat goed dreineer. Met ’n hoogte van 30-40 cm is dié ranonkels ideaal as vullerplante agter ’n laer rand van gesiggies of viooltjies, asook in vensterbakke en potte op die stoep.

KONTAK ballstraathof.co.za