1 Enkoustiese sementteëls vanaf R1 092.50/m², Moroccan Warehouse

2 Roos-mat vir binne en buite (160 x 213 cm) R1 299, Carpet City Factory Shop of Takealot

3 Kikkerland-huisie vir skoenlappers (12 x 20 x 9 cm) R269, Nifty Gifts

4 Pasgemaakte vinielplakkers vir vullishouers R799 vir twee panele, SmartArt

1 Tuinvurkie en -grafie R16,99 elk, PEPhome

2 Magdalie-dennehoutprieel (12 m²) R6 995, Leroy Merlin

3 Bio Ganic All Purpose-kunsmis (20 kg) R298, Builders

4 Jerome-buite-eetstoel R1 995, Block & Chisel  

Nuut by die kwekery

’n Hele ruiker in een

Dianthus ‘I Love You’ is die jongste klein skoonheid in die ornamentele-angelierreeks wat met ‘Pink Kisses’ begin het en ook ‘Early Love’,’ Purple Wedding’ en ‘Peach Party’ – elkeen met sy eie bekoring – insluit. ‘I Love You’ spog met massas geurige blomme met delikate kartelrandjies wat mettertyd van kleur verander van helder- tot ligpienk en uiteindelik wit, wat die indruk van ’n hele ruiker op net een plant skep. ’n Kompakte groeiwyse (25cm hoog en wyd) en ronde vorm maak dit die ideale plant vir die stoep of randakker; dit lyk veral mooi in groepe bymekaar. Die plant verkies volson en vrugbare, komposryke grond wat goed dreineer. Moenie oorbenat nie.

KONTAK ballstraathof.co.za