’n Stekelrige saak

Johan Squires van Bloemfontein skryf Ek het al voorheen merke wat lyk soos steekplekke op my lemoene gehad, maar nou sien ek dit ook op my suurlemoene. Sodra die “steekplek” sigbaar is, vrot die vrug baie vinnig daarna.

JJ antwoord Oor die algemeen word sitrus nie deur steekvlieë gesteek nie, maar as dit wel die geval is, beveel ek Efekto Eco Fruitfly Bait aan. Spuit dit op die takke en stam van die sitrusbome; die aas sal die insekte van die vrugte af weglok. Herhaal dikwels gedurende die reënseisoen.

Luister Saterdae om 07:30 na JJ se Groen Vingerstuingeselsies met Derrich Gardner in sy program Brêkfis met Derrich.