In-samewerking-met-Petleys

Almal weet daar is ’n baie spesiale band tussen mens en hond. Van lang staptogte op die strand tot ’n getroue TV-kykmaat op ’n koue winterdag, jou hond is altyd daar vir jou en is altyd gereed om te wys hoe lief hulle jou het. Om die mens se beste vriend te eer span Petley’s-gourmet-hondekos kragte saam met troeteldiervriendelike eetplekke sodat jy vanjaar op Internasionale Hondedag (26 Augustus 2017) jou harige vriend heerlik kan bederf.

Web

Die span by Petley’s en deelnemende restaurante moedig jou aan om tyd in jou besige dag te maak en jou honde, wat elke dag hul onvoorwaardelike liefde deel, te waardeer. Die werkende honde in die nooddienste en dié in diens van blindes, dowes en gestremdes doen baie vir hul mensmaats, en dis ’n geleentheid om dankie te sê.

Kom ons vier ons vierpoot-vriende op Internasionale Hondedag by een van Petley’s se 10 gunsteling- troeteldiervriendelike kuierplekke, waar jou hond bederf sal word met ’n GRATIS Petley’s-maaltyd (hulle kan dit daar eet of huis toe vat).

Petley’s is ontwerp met jou hond se natuurlike dieet en voedingsbehoeftes in gedagte, en word stadig gekook om die geure en voedingstowwe te behou. Hul geheime bestanddeel is glad nie ’n geheim nie – daar word geen kunsmatige geure of kleurstowwe bygevoeg nie, net bestanddele van topgehalte met tot 50% regte vleis in elke blik. Dié kos bevat tonne proteïen en min koolhidrate; net die ding om Wagter se stert aan die waai te kry!

WEN met PETLEY’S! Tien troeteldierliefhebbers sal op Internasionale Hondedag ’n laatontbyt ter waarde van R400 wen – plus ’n Petley’s-braksakkie. Om in te skryf, besoek Petley’s op Facebook en vertel ons hoekom jou hond dié heerlike bederf verdien. Die 10 restaurante wat Petley’s help om Internasionale Hondedag te vier, sluit in: Kaapstad

1. Sotano by Strandweg 121, Mouillepunt 2. Massimo’s by Oakhurst Farm Park, Hoofweg, Houtbaai 3. Café Paradiso by Kloofstraat 110 , Tuine 4. blonde&beard op die grondvloer by die Balmoral-gebou, Strandweg 25, Muizenberg 5. The Food Barn Restaurant by Noordhoek Farm Village, Noordhoek Gauteng

1. Voodoo Lily Café by die Wrenrose-sentrum, St Andrewstraat 64, Birdhaven

2. Salvation Café by Stanleyweg 44, Milpark

3. River Café by die Sandton Field and Study Centre, h.v. Louiseweg & 14de Straat, Parkmore, Sandton

4. Pablo Eggs Go Bar by 7de Laan 2, Melville, Johannesburg

5. Café Hemingways by die Kyalami Downs-winkelsentrum, h.v. Kyalami-boulevard & Kyalami-hoofweg (R55), Kyalami, Midrand

Foto: Michelle Parkin Foto: Michelle Parkin

Loer op Internasionale Hondedag in by enigeen van dié eetplekke met jou hondekind en vra vir jou gourmet-braksakkie (terwyl voorraad hou & onderhewig aan beskikbaarheid).

Besoek Petley’s op Facebook vir nog inligting.

Petley’s word plaaslik vervaardig en is die snels groeiende troeteldierkos-handelsmerk in Suid-Afrika. Kry dit by Pick n Pay, Spar, Checkers en Makro.