Mitrale inkompetensie is die gevolg van ’n hartklep wat lek, verduidelik Jacqueline Mthembu, projekbestuurder by Boehringer Ingelheim. Dis die algemeenste hartsiekte onder honde en kom gewoonlik voor by klein tot middelslagrasse wat minder as 20 kg weeg, soos foksterriërs, poedels, schnauzers en chihuahuas.
Die toestand veroorsaak dat die hartkleppe verdik, gevolglik maak dit ná elke hartklop nie behoorlik toe nie. Daar loop dan bloed terug in die linkeratrium en dit veroorsaak ’n “gesuis” wat ’n veearts net met ’n stetoskoop kan waarneem.
As jou hond vinnig asemhaal, kortasem is of flou val, moet jy hom liefs laat ondersoek.