Moet jy jou hond se tande borsel?

akkreditasie
John Price

Ashleigh Sanderson, ’n handelsmerkbestuurder vir Pedigree, gee raad: Al ruik jou hondekind se asem in die reël nie soos ’n bossie blomme nie, kan dit ’n teken van tandvleissiekte wees as daar ’n klankie is wat jou asem wegslaan. Ongelukkig kan jou hond nie vir jou sê wanneer daar iets fout is nie, so die onus rus by jou as eienaar om vas te stel wat makeer.

Navorsing toon dat vier uit vyf honde ouer as drie jaar ’n tandvleissiekte het; dit word veroorsaak deur ’n opbou van plaak en tandsteen rondom die tandvleislyn. Die goeie nuus is: Dié syfer kan verminder word deur ’n doeltreffende tandesorgroetine. Los jy dit net so, kan dit jou hond se gesondheid en lewensgehalte benadeel.

Kyk uit vir die volgende: rooi, ontsteekte of bloeiende tandvleis; tandvleis wat terugtrek en vrot plekke op die tande ontbloot, los tande, die opbou van tandsteen en, in ernstige gevalle, ’n verandering in eetgewoontes (jou hond sal sagter kosse verkies of net aan een kant van sy mond kou). Volg dié wenke om jou hond se tande gesond te hou:

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees