Op VIA (DStv-kanaal 147) se program Hondehuis help die dieresielkundige en -afrigter Carmen Bekker gesinne om ’n aanneem-hondekind vir hul huis te vind. Ons het Tuis-lesers gevra om hul eie stories oor aanneem-troeteldiere te deel. Hier deel Jaco Wheeler van Swellendam die storie – en foto’s – van sy drie pragtige Deense honde:

Jaco Wealar – 3 Great Danes (Swellendam)

My liefde vir hierdie dié reuse het by ou Domino begin. Hy is drie jaar oud en is ook die oudste.  Sy grootte, geel oë en Harley-grom maak mense dikwels bietjie ongemaklik.  Hy was ongeveer een jaar oud toe ons hom aangeneem het. Sy omstandighede was haglik. Sy vorige eienaars het hom in hulle agterplaas met ’n ketting aan ’n paal gebind en hom natgespuit indien as hy sou durf blaf.  Hy is ontsaglik emosioneel en die beskermer van die groep. Hy loop graag voor die ander honde en geniet dit om vreemdelinge te ondersoek voor hulle naby die res mag kom. Domino is nou op ’n eetplan gesit omdat hy ’n bietjie gewig aangesit het. Ons het hom by ’n beskermingseenheid in Penhill, Kaapstad, aangeneem. 

Kite is ons bruin gestreepte wonder. Hy is KUSA-geregistreer en word as ’n puik teelhond beskou. Hy het my ongeveer R15 000 uit die sak gejaag. Ek het hom by ’n ouer dame vrou aangeneem aangesien wat sy een van haar arms verloor het en dus nie meer vir hom kon sorg nie. Sy vorige eienaar was deel van ’n teelprogram. Ons was verlig om uit te vind dat een van sy tone is beskadig is en dat hy kon dus nie aan skoue kon deelneem nie. Kite is een van die kalmste honde wat ek al ooit teëgekom het. Al wat hy nodig het, is liefde, aandag en baie kos. 

George is die kleintjie. Hy is van  ’n Great Danehonde skuiling wat spesialiseer in Deense honde, waar ons as pleegversorgers geregistreer is. Ons het al ’n paar honde ’n tydelike tuiste gebied. ’n Hond het George as baba aangeval; daarom het hy merkies op sy gesig en lyfie. Hy was beslis nie geïntimideerd toe hy deur by die deur instap en 3 drie ander volgroeide reuns aantref nie. Hy het die grootste been opgetel en homself eenkant daaraan begin verlustig. George geniet dit om op ander se skote en beddens te slaap. Hy is nou amper 10 maande oud en weeg ongeveer 40 kg. Hy glo steeds dat hy kan oral kan klim sonder om ’n krapmerk of tien agter te laat.  George het baie vinnig die onderskeid tussen reg en verkeerd begin tref. Hy hou van soene uitdeel en maak dit baie moeilik vir sy slagoffers om sy liefde te ontduik. My liefde vir dié honde het begin blom toe ons in 2012 Swellendam toe verhuis. Ons wou honde kry wat boewe sal kan afskrik. Domino is ons beskermingsmeganisme. Hy is ontsaglik vinnig en kan goed in die donker sien. Domino is nie gewelddadig nie; hy maak net seker dat vreemdelinge hulle plek ken. 

Kite blaf nooit nie. Ons het aanvanklik gedink hy is doofstom. Hy het eers op agt8 maande begin stem dik maak. Ek was besig om te braai toe ’n vreemdeling my van agter met ’n mes probeer aanval. Die bedreiging het Kite so ontstel dat hy en Domino dadelik die vreemdeling begin jaag het. Die man het toe oor ’n heining gespring en weggekom.

Deense honde word ongelukkig nie baie oud nie, selde ouer as 8 agt, maar ek hoop en bid dat my honde sal ’n paar jaar langer leef. Ons kan ons lewe nie sonder dié honde indink nie. Ons karre en huis is spesiaal aangepas om dié reuse te akkommodeer. Domino het die afgelope Februarie 7 sewe geword. Kite word in Oktober ses6 en George is nou 10 maande. 

Hierdie is maar ’n klein opsomming van ons honde-kinders. 

Nuwe episodes van Hondehuis wys elke Donderdag om 17:00 op VIA (DStv-kanaal 147) met heruitsendings op Saterdae om 16:00.