Wen lekker pryse met Bonnievale Wines se aanlyn- Advent-kalender

akkreditasie
Staan 'n kans om wyn ter waarde van R1600 te wen! Jy kan ook in aanmerking kom vir een van die daaglikse feestelike verrassings.

GEBORG: Staan die kans om groot te wen hierdie Kersfees met Bonnievale Wines se splinternuwe Kersfees-kalender. Deur gereeld te gaan inloer op Bonnievale se kalender staan jy ook die kans om uitsonderlike wyn ter waarde van R1 600 wen!

Maar dis nie al nie. Vir die hele Desember gee Bonnievale Wines lekker geskenke weg op hul aanlyn platforms. Dit sluit verskeie dinge in, soos geheime afslag of opwindende Kersresepte, doen-dit-self-Kersprojekte en eksklusiewe kompetisies. Jy kan selfs spesiale feestydaanbevelings van hul wynmakerspan kry om jou familie-etes ekstra spesiaal te maak. Elke dag word daar ’n skat op hul webtuiste weggesteek wat jy moet ontdek – baie soos die wyn waarop Bonnievale so trots is.

Meer oor hul wyne

Die wynmakers by Bonnievale Wines benut die streek se unieke klimaat, uiteenlopende wingerdeienskappe en vrugbare grond (van verskeie grondsoorte) om onvergeetlike en bekroonde wyne te maak. Die wynmakery kry dikwels erkenning van onafhanklike panele en kenners soos Veritas, die Old Mutual Trophy Wine Show en die Michelangelo International Wine & Spirits Awards.

Die gemeenskap se wortels lê diep: Die grond langs die Breederivier word al geslagte lank bewerk deur boere wat Bonnievale in hul bloed het. Dis hierdie kennis wat al geslagte lank oorgedra word, saam met innoverende wynbou- en wynmakerypraktyke, wat Bonnievale Wines telkens nuwe hoogtes laat bereik.

Vandag is die naam Bonnievale sinoniem met meer as net wyn, dit word ook verbind met ’n elegante landelike leefstyl. Die wyn nooi jou om te deel in die storie van die mense wat in die streek gewortel is.

Voeg ’n bietjie Bonnievale-blou tot jou lewe hierdie Kerstyd

Skep ’n rekening op hul webwerf waar jy wyn kan koop en hul Advent-kalender kan besoek vir daaglikse geskenke en verrassings. Volg hulle op FacebookTwitter en Instagram.

Van die Advent-kalenderaanbiedinge waarna jy kan uitsien, sluit in: 10%- of 15%-afslag vir nuwe lede – en gratis aflewering vir bestellings wat op spesifieke dae geplaas word. Moenie uitmis op dié feestelike besparings nie!

Vir meer inligting of vir navrae, stuur e-pos na info@bonnievalewines.co.za of bel 023 616 2795.

Die kompetisie het gesluit. Baie dankie.
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees