Droom jy van ’n nuwe kombuis? Met ons Kitchen Heroes-kompetisie, geborg deur Milestone Kitchens, kan jy jou kombuis regruk – met die kaste van jou keuse! Om ’n kombuis te ontwerp is ’n baie persoonlike proses, en dis heeltemal te verstane as jy in ag neem dat dit die plek is waar jy die meeste van jou tyd sal wil deurbring. Mense kook, eet én kuier immers in hul kombuise. Dalk het die kombuis van jou drome ’n massiewe eiland in die middel. Of miskien wou jy nog altyd ’n laboratoriumwasbak gehad het. Of wat van ’n elegante koskas in die styl en kleur van jou keuse? Jou droom kan waar word. Volg net dié maklike stappe:

SKRYF SO IN

  • Gaan na milestonekitchens.co.za en kies uit hul produkreeks jou gunsteling-eenheid waarrondom jy jou droomkombuis sal ontwerp. Maak ’n nota van die eenheid se naam en die styl wat jy verkies.

  • Neem nou ’n foto van jou eie kombuis en vertel ons, in hoogstens 150 woorde, hoekom jy wil opknap. Onthou om die naam en styl van jou gunsteling-eenheid (hetsy ’n koskas, eiland, wasbakkas – wat ook al) in te sluit.

  • Stuur vir ons jou inskrywing per e-pos na kompetisie@tuis.co.za.

  • Prys sluit afewering uit.

  • SLUITINGSDATUM 30 November 2017

Die top-3 inskrywings, aangewys deur Silvia Miles, die eienaar van Milestone Kitchens, ontvang elkeen ’n kombuisontwerp, gegrond op hul gunsteling-item. Ons wys dit later in Tuis.

Screen Shot 2017-09-04 at 2.47.42 PM

Milestone Kitchens het ’n trotse verbintenis met Smeg en verkoop die firma se hele reeks toestelle.

smeg

Milestone Kitchens het ’n trotse verbintenis met Franke en verkoop die firma se hele reeks wasbakke en toebehore.

frankie