Die Latynse woord concretum is deur die eeue heen sinoniem met sterkte en duursaamheid. Oorblyfsels van die materiaal bekend as beton is in van die beroemdste geboue van die Romeinse Ryk gevind en dateer tot 7 000 jaar terug. Maar ondanks dié vroeë bewyse het die kuns van betonvervaardiging om die een of ander rede verlore gegaan. Dit was eers in die 17de eeu dat beton herontdek is en weer een van die mees gebruikte boumateriale van alle tye geword het.

Vandag sit World of Decorative Concrete (WODC) – kenners van strukturele en dekoratiewe beton, insluitend ruwe en gepoleerde betonvloere, tafelblaaie, teëls, bolae, muurbekledings, meubels en dekortoebehore – die tradisie van dié veelsydige materiaal voort en omskep hulle die gewone in tydlose weelde-produkte.

WODC is een van die grootste kontrakteurs vir die skuur en polering van beton in Suid-Afrika en hul spogprojekte is van die Ivoorkus tot in Mauritius, Namibië, Botswana en Suid-Afrika te sien.

Vandag dring voorste argitekte gereeld aan op WODC-produkte vir hul top-projekte. WODC is ’n trots Suid-Afrikaanse maatskappy en al hul produkte vir mure, vloere en werkvlakke word plaaslik ontwerp en vervaardig. WODC geniet ook die professionele steun van twee gevestigde ondernemings, naamlik Quickslab en Stucco Italiano.

Besoek wodc.co.za vir nog inligting – of skakel 021 982 0006 of 021 982 1490.

DIE PRYS

’n Agtsitplektafel (2,4 x 0,9 m) met ’n blad van gepoleerde beton en houtbasis van dennehout of meranti.

SLUITINGSDATUM: 31 Maart 2020