Meer as 50 jaar gelede het Brita die eerste huishoudelike waterfilter ontwikkel. En danksy voortdurende vernuwing is die Brita-reeks nou beter as ooit!

Die vars ontwerp van die nuwe Style+-beker gee die tradisionele filterbeker nuwe styl wat ewe goed lyk in jou yskas as op jou eetkamertafel. Onder sy nuwe kenmerke tel ’n LUD-lig wat aandui wanneer jy die filter moet vervang, ’n sagtegreep-handvatsel en Brita se jongste Maxtra+-filter. Dié nuwe filter gebruik klapperdoppe en innoverende MicroFlow-tegnologie om filtrasie met 25% te verbeter en só meer onsuiwerhede, kalk-aanpaksels en verskeie metale te verwyder. Dit sal nie net jou drinkwater nie, maar ook jou oggendkoffie lekkerder laat smaak!

Die nuwe generasie Brita-produkte sluit ook hul nuwe Fill & Go Active Filter-bottel in; dis ’n geldslim en ekovriendelike opsie vir mense op ’n drafstap wat volhoubare alternatiewe vir enkelgebruik- plastiekbottels verlang.

Die bottel het ’n sterk omhulsel en ’n kapasiteit van 0,6 liter; dis ook BPA-vry, skokbestand en kan in die skottelgoedmasjien gewas word. Die MicroDisc-filter verwyder onsuiwerhede terwyl jy drink en is gewaarborg om tot 150 liter smaaklike drinkwater te filtreer. As jy ophou om gebottelde water te koop en na die Brita-stelsel oorskakel, sal jy gehidreer bly waar jy ook al gaan én ons planeet help red!

Besoek brita.co.za vir nog inligting en om ’n verskaffer naby jou te vind; sien BRITA South Africa op Facebook, en @brita.southafrica op Instagram.

DIE PRYS

Die Brita Hydration Pack sluit die volgende in:

  • Style+-beker (grys)
  • Fill & Go Active Filter-bottel
  • Fill & Serve-kraffie
  • 4 x Maxtra+-filters
  • 1 x 3-pak MicroDiscs
SLUITINGSDATUM 28 Februarie 2019