Welkom Tuis wil jou die perfekte huis help ontwerp – veral as jy nie weet waar om te begin nie. Of dit nou jou slaap- of leefkamer is wat smeek om opgeknap te word, of ’n badkamer of kombuis wat ’n verleentheid geword het, Welkom Tuis bied aan jou kundigheid in die gerief van ’n selektief saamgestelde boks.

Hoe werk dit?

Kies die spasie wat jy wil herontwerp by welcomehome.co.za/af/. Vul die vraelys in sodat die kenners ’n idee van jou styl kry, kies dan uit drie pakkette wat jou behoeftes die beste pas. Daarna word ’n pragtige boks by jou huis afgelewer. Of, indien jy die E-lite pakket kies, kom dit alles in ’n virtuele boks.

Binne? Doelgemaakte vloerplanne en sketse, monsters en voorbeelde van vloerbedekkings, toonbankoppervlakke, gordyne en bekleedsel, sowel as verfpalette en voorstelle vir meubels om jou vertrek te omskep in ’n ruimte wat deur ’n professionele binnenshuise versierder onder hande geneem is.

Ingesluit by al die pakkette is ’n kontantterugkaart met spesiale afslag op aankope by Tuis se uitgesoekte vennote. Dit is die perfekte manier om jou aan te por om daardie vertrek nou reg te ruk. Die kaart gee jou afslag van tot 15% op alles wat jy koop wat in die pakket voorgestel word – die diens betaal dus basies vir homself!

Jy staan nou die kans om ’n E-lite-pakket van Welkom Tuis ter waarde van R2 299 te wen!

As jy graag met een van ons ontwerpers wil gesels, maak ’n afspraak vir ’n oproep op die Welkom Tuis-webtuiste.

Skryf só in

Antwoord die vrae en vul jou details in voor middernag op 12 Oktober 2020.

Die kompetisie loop vanaf 21 September tot 12 Oktober 2020.