Met byna ’n eeu se ervaring in die bedbedryf is die Slumberlandhandelsmerk regoor die wêreld welbekend vir sy heerlike gemak en goeie gehalte.

Slumberland-beddens is gewild onder ’n groot verskeidenheid Suid-Afrikaners; en met ’n kombinasie van duursaamheid, goeie ondersteuning en luuksheid kan dié handelsmerk spog met ’n hele vrag tevrede klante!

Elke Slumberland-slaapstelsel bied sy eie unieke samestelling van gemak en ondersteuning. En met ’n reputasie vir innoverende tegniese ontwikkeling en ontwerp is elke Slumberland-bed gebou met die oog op ’n verkwikkende nagrus.

Die Slumberland Premium Collection is ’n leier op sy gebied en spog met indrukwekkende eienskappe wat al die nuutste verwikkelinge in slaaptegnologie insluit.

Sien slumberland.co.za vir nog inligting.

LET WEL: Die bedstel bestaan uit ’n basis en ’n matras.

SLUITINGSDATUM: 31 Desember 2017