Dit bly maar moeilik om in die vakansietyd te probeer gewig verloor, maar om jou gewig te handhaaf nadat jy die wintervetjies afgeskud het, hoef glad nie ’n stryd te wees nie!

Dis ’n algemene misvatting dat ’n gesonde leefstyl noodwendig beperkend is – jy behoort nog steeds jou gunstelingkosse te kan geniet sonder om skuldig te voel daaroor. Die feestyd gaan immers oor goeie tye saam met familie en vriende. Met die Philips Avance Collection XXL Airfryer kan jy dit beslis doen.

Danksy gevorderde vetverwyderingstegnologie is dit die kragtigste Airfryer nog, en help dit jou om gesonde smulkos tuis te berei. Die nuwe Twin TurboStar tegnologie laat die warm lug in die Philips Avance Collection XXL Airfryer soos ’n tornado deur die braaimandjie tol; dit onttrek die vet uit die kos, maar behou al die sappe en geur. Dis die gesondste manier om kos te braai!

Die Philips Avance Collection XXL Airfryer spog ook met ’n 40% groter weerkaatsende oppervlak wat kos egalig laat gaar word, en ’n doeltreffende roosterelement wat verseker dat alles mooi bruin braai. Of jy nou braai, bak of rooster, die eindresultaat is altyd perfek gaargemaak en liplekker.

Kry jou Philips Avance Collection XXL Airfryer by Hirsch’s, Takealot, Dion Wired en voorste onafhanklike afsetpunte.

Philips – inspirasie vir lekker, gesonde huiskos. Besoek philips.co.za vir meer.

Inskrywings sluit 31 Desember 2018.