
1. Spaar energie deur gryswaterstelsels, laevloei-stortkoppe en kraanbelugters, gebruik 'n waterverplaser in jou toilet se waterbak en hou die afstand tussen jou warmwatersilinder en krane so kort moontlik.
2. Maak jou wasgoed buite droog in plaas van in 'n tuimeldroër.
3. Gebruik 'n stoottipe grassnyer en nie een wat petrol of elektrisiteit verbruik nie.
4. Skakel oor na bio-afbreekbare skoonmaakmiddels of maak soos Ouma: gebruik algemene kombuisgoed soos asyn en suurlemoensap.
5. Sit deksels op potte en panne as jy kook en sorg dat potgroottes en plaatgroottes bymekaar pas. Laat bevrore kos heeltemal ontvries, en laat warm kos heeltemal afkoel voordat jy dit in die yskas sit.
6. Skakel jou skottelgoedwasser net aan as dit vol is - so spaar jy energie en water.
LEES VOLGENDE: Asemrowende 'off-the-grid'-gesinshuis tussen die kranse