Foto’s Francois Oberholster, Elza Cooper en Henrique Wilding | Stilering Marian van Wyk, Amanda van Wyngaardt, Kim Bougaardt en Juané Scheepers
Donna Podems van Kaapstad wou nie die elegante atmosfeer in haar badkamer bederf met swaar, onvanpaste vensterbekledings nie. Maar omdat die bad reg onder ’n venster staan, moes daar op die een of ander manier privaatheid geskep word.
Silver Stain Stained Glass Studio het dié pragtige venster op maat vir die badkamer gemaak. Dit sorg vir privaatheid en verfraai die ruimte, maar laat steeds genoeg gefiltreerde lig deur.
Handdoek van Weylandts; vloerteëls van Lasco Architectural Components; badkamer ontwerp en gebou deur Bespoke Bathrooms