Foto’s Henrique Wilding Produksie Marian van WykN
Net soos kleremodes verander, so verander dekortendense ook. Dekor volg immers in die spoor van die modewêreld. Dit is wel nie so maklik om jou huisgoed uit te gooi en te vervang soos die geval is met ’n ou rok of hemp nie.
Boonop koester die meeste van ons ’n paar sentimentele erfstukke en tweedehandse vondste waarvan ons nie graag ontslae wíl raak nie.