Foto’s Dirk Pieters Produksie Marian van Wyk
Met die kombuis wat in die plek van ’n ou stoorkamer ingerig is, is alles heerlik nuut en danksy ’n dakvenster stroom die natuurlike lig hier in. Pakplek is geskep met kaste, asook ’n aparte spens, terwyl die eetkamertafel gesellig reg langs die kombuis is.