book-icon Uitgawe Augustus 2021
Deel

Gemaklike, kontemporêre gesinshuis in Oos-Londen

akkreditasie
 Die beste plek vir skemerdrankies is die voorstoep waar die son tot laatmiddag bak.
Die beste plek vir skemerdrankies is die voorstoep waar die son tot laatmiddag bak.

Foto’s Greg Cox l Produksie Marian van Wyk

Die Van Rensburgs het so baie gehou van hierdie oorspronklike plaashuis wat in ongeveer 1925 in Nahoon gebou is, dat hulle in 2009 al ’n briefie in die posbus gegooi het waarin hulle die eienaars vra of hulle nie dalk wil verkoop nie. Maar daar was geen reaksie nie. Toe die eiendom uiteindelik ses jaar later wel beskikbaar raak, het die paartjie dit binne 10 minute nadat dit op die mark gekom het, opgeraap! 

“Nog voor ek klaar rondgekyk het, het Pierre reeds die prys met die eienaar beklink,” sê Sharna, wat destyds nege maande swanger was. “Ben is vier dae later gebore, en ek het altyd gevoel dat die huis vir ons bedoel was.”Hulle het gehou van die houtvloere, die oorspronklike kaggel en staalplafonne – Sharna se gunsteling-element in die huis. ’n Klomp klein vertrekkies is egter oor die jare aangebou, wat gemaak het dat daar geen gevoel van samehorigheid was nie. “Vorige vernuwings was nie na ons sin nie. Ons wou die huis oopmaak en moderniseer, maar sonder om sy ouwêreldse sjarme te verloor,” verduidelik sy.  

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees