Foto’s Greg Cox
Die grond vir Svenskbo, die eerste van vyf nagmaalhuisies wat Pieter Hoffman in 2021 in Carnarvon se historiese Kerkstraat gekoop het, is in 1860 vir die Rynse Sendinggenootskap opsygesit. Die oorspronklike tweevertrek-strooidakhuisie van minder as 40 m2 is rondom 1863 gebou. Pieter het die erf met ’n lae muurtjie omhein.
“Dit gee die huis sy persoonlike ruimte,” sê hy. Die hekkie het hy in die agterplaas gekry en herstel. Links van Svenskbo steek een van die ander huisies wat Pieter nou opknap, skrams uit.