book-icon Uitgawe Oktober | November 2021

Honderd jaar oud, maar nie koud op Swellendam

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
 “Voor ons getrek het, het ons die ou plafonne in die plaashuis buite Kuruman vervang met gewone plafonne,” vertel Marilouise. “Die plan was om dié ou plafonne in ons volgende huis te installeer. Maar toe verf ons dit wit en gebruik dit vir ’n aksentmuur in die kombuis en in Giselle se kamer, asook in swart teen die kombuiseiland.” Geel keramiekbord  van Mud Studio; uitstalkas van Meelmuis

Foto’s Karl Rogers/Vignette l Stilering Natalie Boruvka

Langs die pad wat van Swellendam af deur die Hermitage-vallei na die Langeberg kronkel, staan ’n huis wat binne net so mooi is soos die omgewing buite. Hier, op die toegeboude stoep, kan jy aanhou kuier en jou verlekker in al die skoonheid rondom jou. 

Marilouise en Jacques van der Merwe het vier jaar gelede die groot taak aangepak om dié afgeleefde plaashuis na hul sin in te rig. Nou sê sy ingenome: “Alles in my huis maak my gelukkig.” Toe hulle die plaas Fazenda gekoop het, het dit hoofsaaklik gegaan oor die grond, waterrykheid en ligging. Die huis, wat nie eens ’n behoorlike voordeur gehad het nie, was bysaak. Maar Marilouise het nie gesteier voor die uitdaging om hierdie huis vir hul gesin leefbaar te maak nie. “Ek is gek oor sulke projekte,” vertel sy. “Miskien het ek meer moed as verstand. Dit was vir my ’n skoon lei. Ek kon met die huis doen wat ek wou.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees