Foto’s Francois Oberholster l Produksie Marian van Wyk
’n Verwelkomende plankpaadjie lei jou deur ’n welige tuin na die voordeur en verklap iets van die styl wat binne op jou wag.
Vir Jodi Lawrence, mede-eienaar van die huiswareonderming 8 Degrees South, en haar man, Allan, was dié oudmodiese huis op ’n dubbel-erf in Kommetjie eenvoudig onweerstaanbaar. Hulle het verby die geel siersteenmure buite, ou houtraamvensters en deure wat deur die seelug verweer is, die outydse kombuis en badkamers gekyk en al wat hulle gesien het, was tonne potensiaal. “Die feit dat dit net ’n kort stappie strand toe is, was nog ’n trekpleister,” onthou Jodi.