book-icon Uitgawe September 2021

Is dit ’n kokosneut? Nee, dis vraghouers in ’n unieke baadjie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Ses vraghouers in twee lae is gebruik om die basiese struktuur te vorm. Toe is die kokosneutvorm met houtlatte aan ’n staalraam bygevoeg.
Ses vraghouers in twee lae is gebruik om die basiese struktuur te vorm. Toe is die kokosneutvorm met houtlatte aan ’n staalraam bygevoeg.

Foto’s Henrique Wilding l Produksie Marian van Wyk

Twee sogenaamde Eco Coconuts staan saam met vier ander huisies – twee Eco Pods en twee Eco Cabins – om ’n dam op die Buff and Fellowekowildplaas, 10 km van George se lughawe en naby die stranddorp Glentana.

Wanneer ’n mens nadergery kom, kan jy jou verbeel dis twee ruimtetuie wat hier kom land het en sal jy dadelik jou kamera wil uithaal om hulle af te neem voor hulle weer opstyg. Ja, sê Frikkie du Toit, die man wie se idee dit was, hy wou so ’n unieke vorm hê om dit “Instagrammable” te maak. Hy het eenkeer op ’n besoek aan Phuket in Thailand huisies met so ’n kokosneutvorm gesien en wou die idee op ’n Suid-Afrikaanse manier uitvoer. Hy het self die ontwerp gedoen – met gebruikte vraghouers as basis – en toe by Innovative Modular Concepts in Kaapstad gaan aanklop om sy plan te ontwikkel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees