book-icon Uitgawe Desember 2021 | Januarie 2022

Kaapse paartjie verruil stad vir Stanford-saligheid

akkreditasie
Die olyfbome in terracotta-potte al langs die tuinpaadjie dra by tot die tuin se Mediterreense gevoel. ’n Eugenia-heining skep privaatheid.
Die olyfbome in terracotta-potte al langs die tuinpaadjie dra by tot die tuin se Mediterreense gevoel. ’n Eugenia-heining skep privaatheid.
Henrique Wilding

"Ek het hierdie sjarmante dorpie en sy wonderlike gemeenskap jare lank dopgehou,” vertel Catalina Baliña van Stanford in die Wes-Kaap. Dié voormalige groothandelverkoopsbestuurder van Biggie Best kom oorspronklik van Argentinië, en toe sy 20 jaar gelede Suid-Afrika toe verhuis het, het sy en haar familie gereeld vakansies hier kom deurbring.

“Dit het die plek geword waar almal uit al die uithoeke van die wêreld bymekaarkom,” sê sy. Toe haar dogter Clara in Kaapstad klaarmaak met skool, het Catalina en haar lewensmaat, Ronnie Batchelor, wat bykans 40 jaar in die skeepvaartbedryf gewerk het, besluit dis tyd om ’n nuwe blaadjie om te slaan. En Stanford het geroep.

“Ons het reeds soveel wonderlike herinneringe aan dié dorpie gehad; dit was net vanselfsprekend dat ons daarop sou voortbou,” sê Catalina.  Die paartjie het vir ’n naweek weggeglip om na huise te gaan kyk. Danksy ’n loopbaan van meer as twee dekades in die interieur-ontwerpbedryf het Catalina, ’n ervare opknapper, ’n goeie aanvoeling vir estetika.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees