book-icon Uitgawe Desember l Januarie 2021

Minimalistiese elegansie in ’n tipiese Weskushuis

akkreditasie
Die opening tussen die kombuis en leefvertrek dien as werkplek en sitarea en het ’n mooi uitsig op die see. Die kombuis en eetkamer loop op die binnebraai uit en skep een groot gesellige area.
Die opening tussen die kombuis en leefvertrek dien as werkplek en sitarea en het ’n mooi uitsig op die see. Die kombuis en eetkamer loop op die binnebraai uit en skep een groot gesellige area.

Foto’s Francois Oberholster l Stilering Misi Overturf

Vir die Gründlinghs van Grottobaai is daar geen onderskeid tussen die “regte lewe” en vakansie nie – vir hulle voel elke dag soos ’n wegbreek sedert hulle in 2016 die Weskus hul permanente tuiste gemaak het.

“John surf byna daagliks en as daar nie branders is nie, vang hy vis en soek na seekos,” vertel Carla. “Ons lewe is soos ’n tipiese vakansie. Ons haal graag mossels en seegrasse uit die poele en oes veldkool, soutslaai en seevinkel (‘samphire’) uit die Weskus-duine se ‘spens’.” John en Carla het die huis in die Grotto Bay Private Nature Reserve in September 2015 op ’n veiling gekoop. Dit is minder as ’n uur se ry van Kaapstad en hulle sou dus steeds elke dag gemaklik werk toe kon reis. Hoewel die huis in ’n haglike toestand was, was die ligging perfek, met ’n groen strook tussen die erf en die see – niemand sou hul uitsig kon belemmer nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees