Deel

’n Kleurvolle huis sonder tierlantyntjies op Gonubie

akkreditasie
Lewendig, speels en sonder tierlantyntjies – dis hoe Michelle Ward wou hê haar kleurvolle nuwe huis op die Oos-Kaapse kusdorp Gonubie moes lyk.

Foto’s Francois Oberholster

Wie woon hier? Michelle Ward
WAAR Gonubie, Oos-Kaap
GROOTTE 119 m(binne), patio 24 m2
ORIËNTASIE Noord

“Ek wou helder kleure hê wat ’n gelukkige huis weerspieël,” vertel Michelle Ward, wat twee jaar terug haar gesinshuis op ’n kleinhoewe vir ’n meer kompakte huis op Gonubie, 20 km noord van Oos-Londen, verruil het. “Ek was nog altyd lief vir kleur, en ek en my suster het groot pret gehad met toe ons saam die dekor en afwerkings uitgesoek het.”

Michelle het ’n sterk kreatiewe instink, en sy het dadelik die potensiaal in die huis se voorheen konvensionele afwerking en ietwat oorvol vertrekke raakgesien. “My seuns, Nicholas (28) en Ryan (31), is reeds uit die huis, daarom is dit perfek vir my. Maar dit was die moontlikheid van ’n naatlose binne-buite-leefstyl wat die transaksie beklink het,” verduidelik sy.

Die speelse dekor in die portaal verklap iets van wat binne wag.
City Limits-plakpapier van Hertex; tafel geverf in Aqua Pool van Plascon; mat van Weylandts; hondbeeld en tafellamp van Block & Chisel

“Die vloei tussen binne en buite was vir my die grootste aantrekkingskrag van dié huis,” sê Michelle. Haar patio bied heelwat ekstra leefruimte omdat dit deel word van die sitkamer wanneer die groot stapeldeur wyd oop is.Sementvloer met Sigma Cover 456-epoksilaag van Sigma Coatings, afgerond in die kleur 7047-2000-N van Prominent Paints; stoele geverf in Lemon Rind en Aqua Pool van Plascon

Die vibracrete-mure is met ’n houtheining verbloem.

Michelle en haar suster, Rose McClement – ’n interieurontwerper by Design Monarchy – het net gewag dat die huis op haar naam kom voor hulle begin opknap het. “Ek is ietwat van ’n mode- en dekorslaaf,” verklap Michelle. “En dit was heerlik om saam met my suster te kon werk. Rose ken my persoonlikheid en smaak; sonder haar hulp sou ek dit nooit reggekry het nie.”

Die susters het die afronding beplan nog voordat die huis in Oktober 2014 op Michelle se naam geregistreer was. En teen die einde van Januarie 2015 kon sy ’n glasie klink op haar patio – haar gunsteling-plek.

“Die huis was nie oud nie en het nie groot strukturele veranderinge nodig gehad nie, maar ek wou ’n gemaklike ruimte skep wat my persoonlikheid weerspieël. Ek koester my tyd in my huis,” sê Michelle. “Selfs die klein veranderings, veral die nuwe ingangsportaal, opwasplek en buite-onthaalruimtes, maak ’n groot verskil.”

"Dis lekker om iets te skep; ek het onlangs weer begin brei en begin binnekort met hekellesse." – Michelle

Michelle het haar dubbelmotorhuis in ’n effens groter as die standaardenkelmotorhuis omskep en die ekstra ruimte gebruik vir dié opwasvertrek. “Ek hou van die kombuis se oopplanuitleg noudat ek ’n opwasplek het om goeters weg te steek.”
Muurteëls van Moroccan Warehouse; plantpotte van Typo; kombuisstoeltjies geverf in Chic Boutique van Plascon; stoel gestoffeer met Orsay Summer van Home Fabrics

’n Eetkamertafel met ’n glasblad, en drukknippe pleks van handvatsels aan die kombuiskasdeure, dra by tot die gestroopte styl van die oopplanruimte. “Die eetkamer word eintlik net gebruik wanneer dit te koud is vir buite kuier,” sê Michelle.
Kyle-eettafel van @homelivingspace; stoele van Coricraft; swart kas van Pezula Interiors; staanlamp van LIM; hangligte van Arora Lights; kelim van Hertex; spieël van Block & Chisel; geel stoel deur Design Monarchy; silwer poef van Morroccan Warehouse

Ek is mal daaroor om meubels op te knap. Ek en Rose het selfs splinternuwe meubels geverf in die styl waarvan ek hou. – Michelle

Michelle het aangedring op ’n deur na die tuin uit haar slaapkamer. “Ek bestee soveel tyd hier en hou graag die voëls vanuit my bed dop.”
Kenneth James Laylaplakpapier van The Sofa Company; kas van Farriers; tafellamp van Block & Chisel; Aegeanmat van Airloom; kussings gemaak van Elation Fuchsia en Fun Blue van Home Fabrics

DIE DEKOR

“My vorige huis was veel groter en ek het besef ek sou die meubels tot die minimum moet beperk om ’n deurmekaarspul te vermy,” sê Michelle. “Gelukkig is ek van nature netjies en goed georganiseerd.

“Dit was groot pret om my kreatiwiteit in my nuwe huis uit te leef. Dié keer was ek nie beperk deur iemand anders se voorkeure nie, en dit was heerlik om alles presies na my smaak te doen. My huis maak my regtig gelukkig; dis met die hulp van geliefdes geskep.”

Rose voeg by: “Michelle het nou haar eie toevlugsoord. Dis vreedsaam en kontemporêr; volwasse sonder om te ernstig te wees. En dis speels, met net genoeg kleur om die sintuie te prikkel.”

Al wat nou nog op Michelle se doenlysie is, is om die meubels in haar leefvertrek te laat Scotchgard voor haar nuwe viervoetige vriende arriveer. “Ek is dol oor honde, en ek gaan beslis en of twee kry noudat ek lekker gevestig is.

Die smeeysterbed in die gastekamer het al menige lae verf gehad: “Dit was eers roomkleurig in een van my vorige slaapkamers. Vir een van my seuns het ek dit swart geverf, en nou is dit diep-turkoois. Ek het ook die Weylandts-bedlampies geverf,” verduidelik Michelle.
Esprit Collection 9-plakpapier in Buenos Aires Stripe van The Sofa Company; kussings gemaak van Giggle Blue van Home Fabrics; bolsterkussings gemaak van Giverney Fuchsia van Halogen International

Die tuiskantoor is prettig en prakties.
Charleston-vinielvloer van Belgotex Floors; York Ashford House-plakpapier van Halogen International; boekrak deur Design Monarchy; lessenaar van @homelivingspace; stoel van Chair Crazy; laaikas geverf in (van donker na lig) Lemon Rind, Blazing Sun, Namaqua Daisy en Meadow Yellow van Plascon

Die deur teen die houtheining is ’n tweedehandse kopie wat met oorskietteëls van die kombuis opgehelder is.

"Ek het ’n speelse styl. Ek volg graag nuwe dekorgiere en geniet verandering." – Michelle

Die speelse vintage-vondste in die agtertuin kom uit plaaslike winkels soos Something Old en Kim’s Antiques. Michelle het dié ou kombuiskas by laasgenoemde raakgeloop. Sy het die boonste deel afgehaal en teen die turkoois muur op die patio gemonteer. Die landskapontwerper Dee-Ann Farrell van Dig It Landscapes het die muur met haar eie mengsel van drie dele wit verf en een deel Plascon Bay Bridge geverf. Die huis het tydens die opknapprojek ’n nuwe ingang gekry, wat danksy die vertikale planthouer dadelik “welkom” sê.

KONTAKTE EN VERSKAFFERS
  • @homelivingspace 021 938 1911, home.co.za
  • Airloom 021 932 6318, airloom.co.za
  • Arora Lights 021 511 0170, aroralights.co.za
  • Belgotex Floors 033 897 7500, belgotex.co.za
  • Block & Chisel 021 712 5193, blockandchisel.co.za
  • Chair Crazy 021 465 9991, chaircrazy.co.za
  • Coricraft 021 508 5200, coricraft.co.za
  • Design Monarchy 084 441 8442, designmonarchy.co.za
  • Dig It Landscapes 083 624 3515
  • Farriers 021 761 4767, farriers.co.za
  • Halogen International 011 448 2060, halogen.co.za
  • Hertex 0860 437 839, hertex.co.za
  • Home Fabrics 011 266 3700, homefabrics.co.za
  • Kim’s Antiques 043 722 6319, kimsantiques.co.za
  • LIM 021 423 1200, lim.co.za
  • Moroccan Warehouse 021 461 8318
  • Pezula Interiors 021 424 2661
  • Sigma Coatings 011 389 4800, sigmacoatings.co.za
  • Something Old 079 198 0166
  • The Sofa Company 021 511 0165, thesofacompany.co.za
  • Typo shop.cottonon.com/typoshop/
  • Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za
Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees