Foto’s Greg Cox l Produksie Marian van Wyk
Die ruwe tafel en bankies het Jan Sauer gemaak van dwarslêers wat op die werf rondgelê het toe hy die huis gekoop het. Dit is op sementpote gemonteer.
Jan Sauer het die staalrakke in die kombuis self gemaak. Dit pas by die styl van die vertrek en hou sy glasware netjies byderhand. Die skedel bo die kaggel is van ’n gemsbok wat hy op die plaas Sweetfontein tussen Britstown en De Aar geskiet het. Swart hangligte van Weylandts; die kroegstoeltjies is op ’n veiling gekoop; kaggelrand van Vasco Henriques