Foto’s Francois Oberholster Stilering Marian van Wyk
Met hope planne om so te sê alles in hul “nuwe” huis op Swellendam te verander, het Heidi en Peter Lund in April 2018 ingetrek. Die huis was immers amper 100 jaar oud.
Maar toe moes hulle verneem so te sê al die binnemure is lasdraend. En die loodgieterswerk moet vervang word. En die elektriese bedrading is gaar... En kort voor lank het die kwotasie vir die opknap die koopprys van die huis verbygesteek. Al genade was om van ’n groot opknap te vergeet en liewer ’n “verjongingskuur vir die ou dame” te gee – met verf en kleur.