
Byna al die boumateriaal vir dié huis kom van sloopwerwe af — maar dit lyk allermins soos ’n rommelhoop!
Benewens terracottateëls en sementvloere in die leefvertrekke is herwinde dennehout elders vir vloere gebruik — dié is by ’n sloopwerf gekoop en kom oorspronklik uit ’n varkhok!
’n Verskeidenheid afwerkings skep ’n ryk tekstuur. Die slaapkamer is op ’n tussenvlak — die spiraaltrap wat daarna lei was ook ’n tweedehandse fonds wat vir die spasie pasgemaak is. Die studeerhoekie (regs) is slim ingerig met ’n ruwe dennehoutblad wat by ’n plantasie in Grabouw gekoop is. Die rakke is afvalstukke geelhout.
Die staalvensterraam (links) kom uit ’n skool.
Die pragtige roespatina aan die buitekant van die ou bad (regs) is behou; net die binnekant het ’n nuwe laag emalje gekry.