book-icon Uitgawe Mei 2018

Vars idees in groen & goud

akkreditasie
Volg die leser Craig Olckers se voorbeeld en druk jou dekorstempel af met dramatiese, glansryke kombinasies.

Oubaas se honne

’n Rak van Amerikaanse essenhout en eenvoudige swart stutte onder die monochroom galerymuur in Craig se gang verleen diepte aan ’n andersins eendimensionele uitstalling. Die pragtige lelies en geraamteplant-blare in wit keramiekvase, gekombineer met die goud op die keramiekhasies, skakel in by die groen-en-goud dekor in die res van die huis.

Dié galery spog met foto’s van Craig se geliefde honde, Zoe-Lee die golden retriever en Zac die Boston-terriër, geneem deur Ian Martin van Spageddie Face. 
Keramiekhasies van Sootcookie

Ek is behep met groen en titsels goud en geel. – Craig

O, die drama!

Ons het Craig se Observatory-huis in ons Maart 2018-uitgawe gewys; hy het intussen verhuis en sy nuwe blyplek is net so indrukwekkend! ’n Spesiaal gemengde grys in die sitkamer is die perfekte agtergrond vir ’n warm, dramatiese skema van luukse smaraggroen met titsels goud. Craig het besluit om nie die muur tot bo teen die plafon grys te verf nie sodat die vertrek ruimer kan voel. Drie koffietafels bymekaar skep ’n dinamiese rangskikking en Craig kan dit rondskuif volgens sy luim of behoefte.
Keramiekpotte van Anthony Shapiro; goue poef van Moroccan Warehouse; wit-en-groen stoeltjie van Weylandts; tafeltjie van koper en groen marmer, en mat van Hertex; C&Z-letters van Typo; blaar-strooikussings van Pezula Interiors; goue strooikussing van Woolworths

Hang wat jy kan

Oop rakke en toebehore wat hang bespaar waardevolle bêreplek in knap kombuise. As jy ook soos Craig wil maak, kyk na jou toebehore en oorweeg nuwes as joune nie mooi sal lyk in ’n uitstalling nie; gooi dié uit wat jy nie gebruik nie. Belê dan in die beste gehalte wat jy kan bekostig. Wat styl en kleur betref, kan jy ook Craig se voorbeeld volg en begin met ’n neutrale basis, in sy geval silwer. Voeg ’n bietjie persoonlikheid by met silikoon-spatels en ander bykomstighede soos ’n ketel of muurhorlosie in byderwetse kleure. Hier word groen en geel herhaal vir samehorigheid met die res van die dekor en gekombineer met ligblou, wit en hout.
Stutte van Builders; Smeg-stoof in Anthracite

Die oerwoud-effek

Kuns verander ’n funksionele ruimte in iets persoonliks. Vir Craig is ’n badkamer ’n ontspanplek, ’n oase waar hy hom omring met plante en groenigheid, asook sy kenmerkende titsel glans – dié keer ’n koper-planthouer. Die stortgordyn se treffende patroon, die groen stoeltjie, skaapvel en twee sisal- matte langs die luukse Victoriaanse bad skep ’n rustige ruimte waar jy ’n bietjie langer wil vertoef. Op die smal rak bo die bad kan Craig kuns, blomme en geurkerse neersit; so hoef hy nie elke keer gate te boor as hy ’n nuwe prent wil uitstal nie.
Koper-planthouer van Country Road; groen Chinese stoeltjie van Gilles Botbyl; sisalmat van MRP Home; Merino-skaapvel van Woodheads; stortgordyn van H&M Home

KONTAKTE EN VERSKAFFERS
  • Anthony Shapiro 021 794 0291, artintheforest.com
  • Builders 0860 284 533, builders.co.za
  • Country Road 021 405 4300, countryroad.com
  • Craig Olckers 083 546 2474
  • Gilles Botbyl 021 4617840, latitudes.co.za
  • H&M Home hm.com/za
  • Moroccan Warehouse 021 461 8318
  • MRP Home 0800 212 535, mrphome.com
  • Pezula Interiors 021 424 2661, pezulainteriors.co.za
  • Sootcookie 082 087 8110, sootcookie.co.za
  • Spageddie Face 076 972 8179, ianmartin.co.za
  • Typo cottonon.com/ZA/typo
  • Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za
  • Woodheads 021 461 7185, woodheads.co.za
  • Woolworths 0860 022 002,woolworths.co.za
Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees