Foto’s Francois Oberholster en Elza Cooper • Stilering Dina Venter, Marian van Wyk, Amanda van Wyngaardt en Shelly Bergh
Tania de Clercq wou graag pakplek skep vir al die onooglike braaibykomstighede soos ’n tang en vuuraanstekers, daarom het sy kaste aan weerskante van die binnebraai in haar Brackenfell-huis laat installeer. Om te pas by die hout wat in die middelste deel gebêre word, is houtstompies in skywe gesaag, waarna dit teen die kasdeure geplak is.
Hanglamp van Candelabra Designer Lighting; verfkleur om die kaggel is Paint & Décor Jonkershoek