book-icon Uitgawe Oktober | November 2021

Vars idees vir ’n koel kombuis

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mediterranean Tile Blue-plakpapier  van Hertex
Mediterranean Tile Blue-plakpapier van Hertex

Foto’s Henrique Wilding l Produksie Marian van Wyk

Ons het al in 2012 verlief geraak op Daphne Cooper se kleurryke huis en dit toe vir die eerste keer in Tuis gewys. Nou, amper 10 jaar later, het sy die rooi kleurskema in die kombuis vervang met ’n kalmerende blou palet. “Toe ek byna 20 jaar gelede hier ingetrek het, moes ek met baie dinge ‘sien kom klaar’,” verduidelik Daphne, ’n sielkundige. “Die mure is nooit na wense gepleister nie en ek het destyds die kombuis versier met ’n versameling blikborde en allerlei kleure teen die mure. Maar dit het heeltyd gevoel asof die mure deur Prestik aanmekaar gehou word!”

Elke naam teen die muur bo die buffetkas is daar geskryf deur iemand wat ’n ete saam met Daphne hier geniet het. “Daar is plek-plek ook afdrukke van klein handjies wat nog nie kon skryf nie, en party van die name behoort aan mense wat nie meer met ons is nie,” sê sy. “Die muur is vir my kosbaar, want dit herinner my hoe gelukkig ek is om soveel mense in my lewe te hê. Toe ek onlangs opknapwerk laat doen het, het die bouers duidelike instruksies gehad om dit te bewaar!” 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees