book-icon Uitgawe Februarie 2018

Beligting in die badkamer

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster Stilering: Shelly Bergh
Foto: Francois Oberholster Stilering: Shelly Bergh
Francois Oberholster
Oorweeg jy nuwe beligting in jou badkamer?

Anette Adams van Pretoria skryf Ons knap ons badkamer op en ek wil graag ’n kandelaber daar hang; ek sou ook hou van ’n lig direk bo die stort. Sal ons elektrisiën dit maklik kan doen?

Melissa Davidson van The Lighting Warehouse antwoord Ligte wat nie vir nat ruimtes ontwerp is nie, kan gevaarlik wees in ’n badkamer – vra jou elektrisiën wat die vereistes is. Volgens wet moet alle badkamerligte ’n IP44-gradering hê, wat beteken die passtuk moet verseël en spatbestand wees om die nat, humiede toestande eie aan ’n badkamer die hoof te bied.

Sonder dié passtukke sal jy nie ’n sertifikaat van voldoening by jou elektrisiën kry nie (dis iets wat jy nodig het wanneer jy eendag jou huis wil verkoop). As jy ’n gesonke lig bo jou stort wil hê, moet dit ’n 12V-passtuk (met ’n transformator) wees en ’n IP67-gradering hê; dit beteken die passtuk is waterbestand.

KONTAK lightingwarehouse.co.za

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees