book-icon Uitgawe November 2017

Dekordilemma: Hoe maak ek my gang mooi?

akkreditasie

Ann Barr van Kaapstad skryf My dogter het sowat twee jaar gelede huis gekoop en intussen die hoofbadkamer geverf en opgeknap. Maar die geldjies knyp nou en die gang, wat 8 m lank en net meer as 1 m breed is, is ’n ware seeroog. Links is twee slaapkamers, regs ’n badkamer en studeerkamer, en die hoofslaapkamer is aan die einde van die gang. Daar is twee soorte vloerbedekkings (teëls en gelamineerde hout) wat sy eers sal kan vervang wanneer haar begroting dit toelaat. Kan julle asseblief help met ’n paar wenke om die gang meer verwelkomend te laat lyk?

Die stilis Margaux Tait antwoord Gange kry baie voetverkeer, maar staan gewoonlik laaste in die ry wanneer dit by ’n huis se opknap kom. Dit behoort regtig nie afgeskeep te word nie – dit gee immers aan besoekers ’n eerste indruk van jou huis. Omdat jou dogter nie ’n groot begroting het nie, sal stilering pleks van strukturele veranderinge die ding moet doen. Hier is ’n paar voorstelle:

Begin deur die mure met kunswerke of foto’s te versier. Skep visuele ritme met eenvormige rame en ewe veel oop ruimte tussen-in. As jy iets meer aweregs verkies, gebruik ’n verskeidenheid rame; MRP Home verkoop bekostigbare rame in alle groottes en vorms. As ’n versameling rame jou nie aanstaan nie, oorweeg ’n eenvoudige prentlys. Dis goedkoop om te installeer en baie nuttig, want buiten kunswerke kan jy ook vintage-klere of selfs hoede met hake daaraan hang en dit so uitstal. Die moontlikhede is legio!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees