Nicola Whitfield van Kaapstad skryf Ons het onlangs by ons huis in Wynberg ingetrek en kort hulp met die uitleg en dekor in die sitkamer. Die vertrek is min of meer 7 m by 6 m groot en daar moet ’n rusbank, twee stoele plus ’n eetkamertafel inpas – ons oorweeg dit om ons huidige reghoekige tafel te vervang met ’n ronde een, wat heel waarskynlik naby die deur na die stoep sal moet staan. Enige voorstelle is welkom.
Die stilis Margaux Tait antwoord As jy meubels van die regte grootte kies en dit slim uitlê, kan jy hierdie veeldoelige ruimte gerieflik inrig, met genoeg ruimte vir rondbeweeg tussen die meubels.