Ronell Ferreira van George skryf: Ons het huis gekoop in George en ek sukkel al ’n rukkie om ’n praktiese dog mooi plan te maak vir ons opwasarea en waskamer.
Die opwasarea is net langs die kombuis. Die waskamer is aan die ander kant van die kombuis en dit is waar die wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser staan. Daar is ook ’n toilet en stort in dié vertrek. Ek dink dit was eers ’n buitevertrek wat die vorige eienaars deel gemaak het van die huis.
Die waskamer werk goed waar dit is, maar die deur na die braaikamer moet toegebou word. Die vertrek is van dak tot vloer geteël. Met die enigste toilet op dié vlak sal dit ’n goeie gastebadkamer maak.