Natale Roelofse van Rawsonville skryf: Ek het margrietgras in my nuwe tuin geplant, maar daar’s ’n probleem. Plek-plek het bruin kolle gevorm wat duidelik aan ’n swam (dalk dollarvlek?) te wyte is. Ek het reeds drie verskillende koperspuitmiddels, drie ander swamdoders, asook Mycoguard 720 probeer – als verniet. Wat kan ek doen? Ek wil nie graag die gras uithaal en met ’n ander soort vervang nie.
JJ antwoord: Ek sou ook dink Mycoguard sal die probleem oplos. Dis dalk raadsaam om die dooie gras in die aangetaste dele uit te haal en die grond met ’n Jeyes Fluid-oplossing (20 ml in10 liter water) te behandel; los dit ’n week of wat en plant dan nuwe margrietgras.