Vraag: Waar kan ek vadoeke soos die een op bladsy 117 van die Mei 2019-uitgawe kry? – Cindy Brown, Pretoria
Antwoord: Daai vadoek is van Poetry (poetrystores.co.za). Woolworths (woolworths.co.za), MRP Home (mrphome.com), knus.co en yuppiechef.com hou ook mooi bedrukte vadoeke aan.
Vraag: Ek hou van die mat op bladsy 18 van die Augustus 2019- uitgawe; waar kan ek dit kry? – Sue Perkins, Johannesburg
Antwoord: Die mat is van Hertex (hertex.co.za). Probeer superbalist.com en Lund Rug Gallery (lundruggallery.co.za) vir ander patroonmatte.
Vraag: Op bladsy 53 van die Mei 2019-uitgawe wys julle ’n klein bad in die Chapmans se huis in KwaZulu-Natal. Waar het hulle dit gekoop? – Janette Lester, Kaapstad
Antwoord: Die huiseienaar kan nie onthou waar sy dit gekoop het nie, maar kyk by Italtile (italtile.co.za), Eurotrend (eurotrend.co.za), Dado (dado.co.za), Lavo Bathroom Concepts (lavo.co.za) en CTM (ctm.co.za) vir iets soortgelyks.
Vraag: Waar het die huiseienaar die hake in die voorportaal op bladsy 25 van die Januarie 2018-uitgawe gekry? – Erika Hagan, Kaapstad
Antwoord: Eunice Swanepoel, die huiseienaar, het dit gemaak van ou toutolle wat sy by ’n tweedehandswinkel gekoop het. Jou beste opsie is om die foto aan ’n gesoute skrynwerker te wys wat dalk vir jou iets soortgelyks kan maak. Houthake is ook te kry by Pedersen + Lennard (pedersenlennard.co.za) – dit kom in stelle van drie in ’n vierkantige staalraam.
Vraag: Ek is mal oor die bed op bladsy 27 van die April 2018- uitgawe; waar is dit gekoop? – Alexa May, via Facebook
Antwoord: Dis pasgemaak deur Pure Designs (082 408 3297). Probeer Ouhout Meubels (ouhout.co.za) vir sulke beddens.
Vraag: Wat is die naam van die mooi groen teen die muur op bladsy 28 van Verf Dit 2018? – Nick Lang, Kaapstad
Antwoord: Dis Fern Forest van Dulux (dulux.co.za)