VRAAG: Waar het Charlotte Collins haar lieflike versameling hanglampe wat in jul Mei/Junie 2021-uitgawe was, gekoop? – Bernadine Delhove, KZN
ANTWOORD: Charlotte het die skerms bo die kombuiseiland van ou roomysvorms gemaak. Die ander vintage-ligte het sy een vir een by Onsite Gallery (facebook.com/OnsiteGalleryCT) raakgeloop.
VRAAG: Ek is dol oor die treffende traliewerk op bladsy 13 van September 2021 se Tuis. Waar kan ek so iets kry? – Rene van Riel, Kaapstad