VRAAG: Waar kan ek pienk lampskerms soos dié op bladsy 51 van jul Augustus 2021-uitgawe koop? – Wickus Botha, Johannesburg
ANTWOORD: Die huiseienaar het hierdie vintage-glaslampskerm tweedehands gekoop. Kyk vir iets soortgelyks by tweedehands- en aanlynwinkels. Huisraad Modern (huisraad.co.za), Retrend (retrend.co.za) en The Lamp Workshop (thelampworkshop.co.za) hou bykomstighede uit die middel van die vorige eeu aan.